VERKLARING VANAF SA CHILDCARE ASSOSIASIE:

By die Sona toespraak van President Ramaphosa was daar aangekondig dat graad RR ook ‘n verpligte skooljaar gaan word. Die inwerkingtreding daarvan en die tydsverloop is nie aangekondig of tans algemeen bekend nie. Graad R is reeds verpligtend soos dokumentasie vanaf die owerhede aandui.  Sover ons kennis strek is dit nie deur die owerhede aangekondig dat Desember 2019 enige spesifieke betekenis inhou nie. Hierdie aanname kan moontlik op ‘n misverstand gebaseer wees.

SA Childcare Assosiasie is ‘n onafhanklike organisasie wie Kleuterskole bystaan en ondersteun tov vereistes soos registrasies, opleiding, eienaars werkswinkels ens. Die Hoofkantoor is in Pretoria Noord. SA Childcare Assosiasie het ‘n werksverhouding met ‘n paar honderd Kleuterskole in die land, ook met baie Kleuterskole in Centurion. Die webwerf gee meer inligting oor die organisasie.

SA Childcare Assosiasie is tans besig om ‘n Kleuterskool Indaba te reel waarheen eienaars genooi sal word om saam gesprek te voer oor die uitdagings wat die bedryf in die gesig staar en om saam by oplossings uit te kom.

×

Hello!

Click one of our contacts below to chat on WhatsApp

× How can we assist you?